|

Projek Nehemia: AfriForum bied veiligheidsopleiding in Hermanus aan

AfriForum se Projek Nehemia, ’n proaktiewe strategie teen geweldsmisdaad, is sterk op dreef in die Overstrand. Die burgerregteorganisasie het die afgelope naweek ’n twee dag lange opleidingsessie in Hermanus gehou, waartydens modules soos regsaspekte, patrollievaardighede, basiese inligting, gebiedsbeskerming en toneelhantering aangebied is.

Projek Nehemia het onder meer ten doel om vennootskappe met sleutelrolspelers te bou en gemeenskappe te bemagtig vir die doeltreffende bekamping van misdaad.

“Gemeenskappe moet self verantwoordelikheid vir hul veiligheid neem. As ons saamwerk, kan ons ons gemeenskappe proaktief beveilig. Projek Nehemia doen juis dít,” sê Johandré van Zyl, AfriForum se veiligheidshoof vir die suidstreek.

Van Zyl verduidelik dat die Nehemia-strategie die inherente operasionele vermoëns tussen verskillende gemeenskappe op doeltreffende wyse koördineer. Hy meen dat daar met Projek Nehemia se verskerpte gemeenskapintelligensieprojekte nóg meer proaktief teen geweldsmisdaad opgetree kan word.

Raak vandag nog by AfriForum se veiligheidstrukture betrokke: SMS “Veiligheid” na 32532 (R1).

Soortgelyke plasings