Pretoriase Moot ’n buurtwag ryker


Die burgerregte-organisasie AfriForum het onlangs ’n buurtwag in die Pretoriase Moot gestig. Dié buurtwag fokus spesifiek op woonbuurte wat in die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in die Moot se bedieningsarea geleë is en beskik ook reeds oor sy eie radionetwerk.
Die buurtwag het ten doel om saam met die SAPD en die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) te werk om misdaad te bekamp. AfriForum is tans in die proses om ’n samewerkingsooreenkoms met die GPF te bespreek.
Die nuutverkose buurtwagbestuur bestaan uit Thinus Erasmus (voorsitter), Neels Rabie (operasionele voorsitter), Quintin van der Bergh (sektorleier), Oos van Niekerk (sektorleier), Mark Weston (sektorleier) en Werner Nagtegaal (radioprogrammeerder).

“Ek is trots om deel te wees van ’n inisiatief wat ’n wesenlike verskil in die gemeenskap probeer maak. Moot-inwoners word aangemoedig om by die plaaslike AfriForum-tak en -buurtwag in te skakel,” sê Gerhard Hildebrand, voorsitter van AfriForum se Moot-tak.

Soortgelyke plasings