Potchefstroom-veiligheidsinstellings neem aan AfriForum se nasionale patrollie deel


Verskeie veiligheidsinstellings in Potchefstroom – wat AfriForum se Potchefstroom-buurtwag, die SAPD, GPF’s (gemeenskappolisiëringsforums) en plaaslike sekuriteitsmaatskappye insluit – het op 8 Maart 2019 aan ’n nasionale patrollie deelgeneem.

Tydens dié patrollie het 118 patrolleerders in 53 voertuie deelgeneem. Meer as 3 440 km is afgelê en drie voorvalle is suksesvol in samewerking met die SAPD hanteer.
Van die ander veiligheidsinstellings wat saam met AfriForum aan die patrollie deelgeneem het, was Miederpark GPF, Van der Hoffpark GPF, Potch-Oos Veiligheid, Mooirivier Beskerming, Electro Security en Kera Force Security.

“Graag bedank ons elke patrollielid, Brigadier Steven Moodley, die SAPD, Malcolm Grimbeeck en die JB Marks-verkeersdepartement, die plaaslike sekuriteitsmaatskappye, mediese personeel en elke ander individu wat Vrydagaand hul tyd opgeoffer het om ’n verskil te maak en om misdaad in Potchefstroom te bekamp,” sê Jan de la Hunt, voorsitter van AfriForum se Potchefstroom-buurtwag.
“AfriForum doen ’n beroep op die inwoners van Potchefstroom om by veiligheidsinstellings soos die plaaslike buurtwag betrokke te raak. Hoe meer mense, hoe groter is ons kans op sukses,” sluit De la Hunt af.

SMS “Buurtwag” na 45353 (R1).

Soortgelyke plasings