Polisieminister ontken plaasmoorde deur dit nié tot prioriteitsmisdaad te verklaar nie

“Ondanks meer as 195 plaasaanvalle vanjaar het Bheki Cele, die minister van polisie, steeds nie plaasmoorde tot prioriteitsmisdade verklaar nie. Hierdie stilswye en apatie dui daarop dat die regering in wese plaasmoorde en -aanvalle as misdade deprioritiseer,” sê Ian Cameron, AfriForum se veiligheidshoof.


Cameron meen dat die staat en veral die minister se ontkenning van die erns van plaasaanvalle en -moorde in die land daarop dui dat hulle geen ag op die omvang van die krisis slaan nie. Taxigeweld, politieke moorde, transitorooftogte en bendegeweld is deur Cele tot prioriteitsmisdade verklaar. Hy het plaasmoorde egter nie eers genoem nie.

“Ek het gister die toneel besoek waar Fanie (78) en Colleen (74) Engelbrecht op 13 Mei vanjaar wreed gemartel en vermoor is. Colleen is onder meer met ’n strykyster gebrand voordat sy verwurg en haar keel afgesny is. Dit is net één van die sprekende voorbeelde van ’n familie wat verwoes is weens die staat se onvermoë om mense in landelike gebiede te beveilig,” sluit Cameron af.

Jy kan ’n verskil maak deur AfriForum se fonds vir plaasaanvalslagoffers te ondersteun. Stuur ’n e-pos na trauma@afriforum.co.za.  Skenkings vir die fonds kan in die volgende rekening betaal word:
Bank:                            FNB
Rekeningnaam:          AfriForum NPC
Rekeningnommer:     62349898398
Tak:                               Centurion
Takkode:                      261-550

Soortgelyke plasings