Plaasaanvalle en plaasmoorde in Suid-Afrika: Statistiek dui op drastiese toename in plaasmoorde

Die plaasmoord- en plaasaanvalstatistiek vir die 2016/2017-finansiële jaar is vandag deur die AfriForum Navorsingsinstituut (ANI) in Pretoria bekend gestel. Die totale aantal geverifieerde plaasaanvalle vir die 2016/2017-tydperk is 357 en die aantal plaasmoorde ’n kommerwekkende 74.

AfriForum het ook vandag met ’n konvooi na die Uniegebou gery waar ’n petisie met 175 000 name teen plaasmoorde aan die Presidensie oorhandig is.

Lorraine Claasen, misdaadanalis by ANI, sê dat plaasmoorde ook vanjaar internasionaal onder ’n groter soeklig geplaas is, veral nadat landsburgers van onder meer Brittanje en Nederland onlangs slagoffers van plaasmoorde in Suid-Afrika was.

“As die frekwensie van plaasaanval- en plaasmoordvoorvalle deur die 2017-kalenderjaar dieselfde bly, blyk dit dat die syfers weer gaan toeneem. Tot op hede is 113 aanvalle en 29 plaasmoordvoorvalle geverifieer.”

Claasen sê voorts dit is van uiterste belang dat alle mense in landelike gebiede hul veiligheid opskerp. AfriForum moedig gemeenskappe aan om betrokke te raak by sekuriteitsnetwerke in hul omgewing.

“Dit is noodsaaklik om dit vir die aanvallers so moeilik as moontlik te maak om by die wonings toegang te verkry,” sluit Claasen af.

Slagoffers en/of familie van slagoffers van plaasaanvalle word aangemoedig om voorvalle te by stopdiemoorde@afriforum.co.za of stopthemurders@afriforum.co.za aan te meld.
Die tydperk vir dié syfers is van kalenderjaar na finansiële jaar verander sodat dit met die SuidAfrikaanse Polisiediens (SAPD) se jaarlikse misdaadstatistiekverslag vergelyk kan word.

Lees die verslag hier: Report – Farm attacks and farm murders in South Africa

Afrikaans: Verslag – Plaasaanvalle en plaasmoorde in Suid-Afrika

Soortgelyke plasings