|

Pietersburg-buurtwag help om verdagte aan te keer

AfriForum se Pietersburg-buurtwag het op Woensdag, 3 Junie 2020 ʼn verdagte in ʼn gesteelde voertuig in samewerking met die SAPD vasgetrek en gearresteer.

Dít volg nadat die tak inligting ontvang het dat verdagtes in drie gesteelde voertuie op die N1-Noord op pad na Pietersburg is.

Danksy die buurtwag en polisie se vinnige optrede en samewerking kon hulle daarin slaag om een van die verdagtes in ʼn gesteelde goue Renault Kwid aan te keer en in hegtenis te neem. Dié verdagte word reeds sedert 8 Maart deur die polisie vir motordiefstal en ander misdade gesoek.

Die buurtwag is ook verlede maand deur die polisie genader om te help om ʼn grys Kia Picanto wat in Johannesburg gesteel is op te spoor waarna die verdagte deur die buurtwag aangekeer en gevolglik gearresteer is. Die verdagte verskyn volgende maand in die hof.

“Goeie samewerking is belangrik om misdaad hok te slaan,” sê Hennie De Vos, ondervoorsitter van die Pietersburg-tak.

Raak betrokke by AfriForum se Pietersburg-buurtwag: SMS jou naam na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings