Petisie teen uraanmyn in die karoo

’n Australiese maatskappy wat deur Rusland befonds is, het sowat 750 000 hektaar grond in die omgewing van Beaufort-Wes bekom om uraan te myn. Hulle beplan ook om ’n reuseprosesseringsaanleg buite die dorp op te rig. Die omgewingsimpakstudie is bykans voltooi en die volgende stap is om vir ’n mynlisensie by die departement van minerale hulpbronne aansoek te doen.

AfriForum wil ’n petisie aan die minister van minerale hulpbronne oorhandig om die departement te oortuig dat dié projek tot die totale vernietiging van ’n groot deel van die Karoo-ekostelsel sal lei.

Jy kan hieraan deelneem deur die petisie te onderteken. Vra ook jou familie en vriende om die petisie te onderteken.

Soortgelyke plasings