Petisie teen Oudtshoorn Munisipaliteit oor onbillike belasting- en tariefverhogings

Die Oudtshoorn Munisipaliteit is besig om sy belastingbetalende inwoners uiters onbillik te behandel en te verarm. Die ergste droogte wat die streek ooit getref het, met sy vernietigende impak op ons plaaslike landbousektor asook die uitbreek van die COVID-19-pandemie met die gevolglike afstel van die KKNK en die onmeetbare skade aan ons toerismebedryf, is genoeg rede om daarop aan te dring dat buitensporige verhogings van tariewe, heffings en belastings gestaak word. Onafhanlike studies het reeds getoon dat Oudtshoorn se eiendomsbelasting buite verhouding is in vergeleke met die omliggende en vergelykbare dorpe.

Die voorgestelde verhogings in belasting en tariewe is reeds op die munisipale webblad geplaas. Voorgestelde verhogings wissel tussen 6% en 12%. Voeg jou stem by ons verset teen dié uitbuiting deur die petisie te voltooi. Dit gee AfriForum se Oudtshoorn-tak die mandaat om namens jou daarteen op te staan.

Oops! We could not locate your form.

Soortgelyke plasings