Spyskaart +

Petisie oor die SAPD se gesteelde vuurwapens

sapd1
Mei 16, 2016 deur afriministrator

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se sentrale vuurwapenregister het sedert Januarie 2009 tot en met 30 Junie 2014 ʼn totaal van 3 026 polisiewapens as verlore aangemeld. Dié syfers is deur AfriForum bekom nadat ’n PAIA-aansoek by die SAPD se batebestuur-afdeling ingedien is. Die regering tree al hoe strenger op om wettige wapeneienaarskap te beperk, maar dié syfers toon egter dat belangrike regeringsinstellings self nie beheer het oor wapens wat by hulle geregistreer is nie.

Belangrike inligting wat AfriForum versoek is onder meer die hoeveelheid vuurwapens wat as verlore en/of gesteel aangemeld is, asook die tipe wapens. AfriForum verskyn binnekort in die hof om die SAPD se sentrale vuurwapenregister aan te vat oor die bekendmaking van dié inligting.

Jy kan help: Teken die petisie en versterk sodoende ons hofsaak. Vra asseblief ook jou vriende en familie om die petisie te teken.