Perderuiters op 'n herdenkingsrit na Suid-Afrikaanse erfenisgebiede en monumente pak die lang pad aan – AfriForum en Kraal Uitgewers is trotse borge


‘n Groep van nege perderuiters wat meemaak aan ‘n historiese herdenkingsrit vanaf Bloemfontein na Kimberley om verskeie erfenisgebiede en monumente te besoek, het gister die lang pad aangepak. Die burgerregte-organisasie AfriForum en Kraal Uitgewers tree op as trotse borge van die herdenkingsrit wat vertrek het vanaf die Oorlogsmuseum van die Boererepublieke by die Vrouemonument in Bloemfontein ná afloop van die bekendstelling van Kraal Uitgewers se nuutste boek, Wes-Transvaal: Militêre brandpunt van die Anglo-Boereoorlog, 1899 – 1902.
Die doel van die rit is bewusmaking rakende Suid-Afrika se erfenis, maar ook om stories te versamel en vir die nageslag aan te teken. Hierdie herdenkingsritte word reeds vir die afgelope ses jaar suksesvol onderneem en in dié tydperk is nagenoeg 26 monumente besoek en meer as 1 500 km te perd afgelê. Die ruiters beoog om op hul huidige reis by die aan te doen.

Theunis van Staden, sameroeper en een van die ruiters, sê dat hy in 2012 besluit het om herdenkingsritte van stapel te stuur nadat hy nie ‘n vriend se vraag kon beantwoord oor watter veldslag by die Voortrekkermonument plaasgevind het nie. “Daar was geen veldslag by die Voortrekkermonument nie, maar ek het dit nie geweet nie en dit het my geskok. Daarom het ek besluit dat daar ’n behoefte is om ons geskiedenis aan die lewe te hou en ‘n bewusmaking daaromtrent te kweek, veral by die jonger generasies.”

Soortgelyke plasings