PE se jeugvleuel neem hande met Hoërskool Cillié


Die jeugvleuel van AfriForum se Port Elizabeth-tak het op 11 April 2019 rugbytruie aan die eerste span van die Hoërskool Cillié oorhandig.

Dirk Burger, voorsitter van AfriForum se Port Elizabeth-tak, het die skool vroeër besoek en danksy die uitnemende wyse waarop die skool sport onder die jeug bevorder, het hy en sy tak besluit om die skool van AfriForum se kant te ondersteun.

“Dié Afrikaanse skool moet ’n groter fokus raak en ons het besluit om hande met die skool te vat en saam te werk om meer geleenthede vir hierdie verdienstelike Afrikaanse hoërskool se leerders te skep,” sê Dewald van Wyk, voorsitter van die jeugvleuel van AfriForum se Port Elizabeth-tak.
“Dit is heerlik om te aanskou hoe AfriForum se Port Elizabeth-tak in die leiers van die toekoms belê. Ons nageslagte sal beslis die vrugte daarvan kan pluk,” sê Arno Greyling, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Oos-Kaap.

Raak vandag nog by dié tak se jeugvleuel betrokke en help om ’n verskil te maak: Stuur ’n e-pos na bernard.pieters@afriforum.co.za of SMS “PE” na 32687 (R1).

Soortgelyke plasings