Patrollie in Kuruman help om misdaad te bekamp


AfriForum se Kuruman-tak het op Vrydag 6 Oktober 2017 patrollie gery om veiligheid in dié dorp te versterk en misdaad te bekamp deur sigbaar te wees.
Die AfriForum-buurtwag het die aand vanaf 19:00 tot 02:00 die volgende oggend patrollie gery. Geen insidente of voorvalle is aangemeld nie. Sowat 50 lede het deelgeneem en meer as 900 km is afgelê.
Volgens Paul Marais, voorsitter van die Kuruman-buurtwag, is dit belangrik dat die buurtwag in die dorp sigbaar is om misdaad te voorkom en slegte elemente uit die gebied te verdryf.

“Gereelde patrollies maak dit moeilik vir misdadigers om hul planne uit te voer. Ons moet verantwoordelikheid neem vir ons eie veiligheid en as ’n gemeenskap saam staan om dít te verseker. Ons beplan ook om tot en met einde Desember meer patrollies te doen, aangesien misdaad gewoonlik tydens die feesseisoen toeneem.”

SMS die woord “Buurtwag”  (R1) na 32532 om by die buurtwag aan te sluit.

Soortgelyke plasings