|

Oppi Kus Musiekfees beloof groot vakansievermaak

Wat kan lekkerder wees as om trots Afrikaanse musiek te geniet en dit boonop met die gedruis van die see in die agtergrond?

Top Afrikaanse kunstenaars, onder andere Appel, Die Heuwels Fantasties, Steve Hofmeyr en Elandré gaan vakansiegangers help om die koue te verdryf by vanjaar se Oppi Kus Musiekfees wat op 28 en 29 Junie by die Douglas Mitchell-sportgronde in Uvongo, Margate, plaasvind.

Dié geleentheid, wat voorheen as die Sardientjiefees bekendgestaan het, word deur die Round Table-vereniging in samewerking met AfriForum en Anytime Holidays, aangebied.

Kaartjies beloop R150 vir volwassenes, R100 vir kinders tussen die ouderdom van 3 en 13 jaar. Kinders onder 3 jaar se toegang is gratis.

’n Kontantkroeg en ’n lekker verskeidenheid kosstalletjies sal tydens die fees beskikbaar wees. Kaartjies is te koop by https://itickets.co.za/events/426772.

Vir meer inligting besoek Oppi Kus se Facebook-blad by https://www.facebook.com/oppikusmusiekfees/?eid=ARA6ELZVR1jL_mOnsuPnEE-RCCJOrWVdPTuIQRVjMQONLCwAJ-i-mnBQWAK9Q_V30EtRQ-OmFg8qaopf

Soortgelyke plasings