Spyskaart +

Operasie opdateer

Oktober 19, 2016 deur afriministrator

Is jy reeds lid van AfriForum?

  • Dateer jou inligting HIER op en jy kan in aanmerking kom om ’n splinternuwe motor, sleepwaentjie of kragopwekker te wen! (Bepalings en voorwaardes geld.)

Nog nie ’n lid nie?

  • Sluit vandag HIER aan. (Bepalings en voorwaardes geld.)

Om vir dié pryse in aanmerking te kom, moet jy jou persoonlike inligting op die AfriForum webtuiste opdateer en drie verwysings van nielede aan AfriForum deurgee, waarvan twee van dié verwysings tot lidmaatskap moet lei.

Die volgende AfriForum-lede mag aan die kompetisie deelneem:

Lede van AfriForum wat 18 jaar en ouer is, mag aan die kompetisie deelneem. AfriForum-personeel en hul direkte familie mag egter nie aan die kompetisie deelneem nie.

Wen só:

Die kompetisie begin op 15 Augustus 2016 en loop op 31 Julie 2017 om 12:00 ten einde.
Om vir ’n prys in aanmerking te kom, moet jy die amptelike opdateringsvorm HIER invul. Dié aanlyn vorm bestaan uit drie dele:

  1. ‘n afdeling waar jy as bestaande lid van AfriForum jou persoonlike inligting kan nagaan en, indien nodig, kan opdateer;
  2. ‘n afdeling waar jy dan drie verwysings moet invul van kollegas, vriende of familielede wat ook in AfriForum-lidmaatskap sal belangstel, waarvan twee van dié verwysings in lidmaatskap moet realiseer; en
  3. ‘n meningspeiling wat jy asseblief moet voltooi.

Jy kan die kompetisiereëls HIER lees.
Jy kan die bepalings en voorwaardes HIER lees.

Wen nóú:

  • ’n Splinternuwe motor, sleepwaentjie of kragopwekker is op die spel vir lede wat deelneem. AfriForum-lede (18 jaar en ouer) wat aan die kompetisie deelneem, staan ‘n kans om een van dié pryse te wen.
  • Daar is ook vakansies op die spel vir persone wat as deel van dié kompetisie verwys is en as lede by AfriForum aangesluit het. Drie van dié nuwe lede staan elk ‘n kans om ’n vakansie as prys by óf Kokoriba óf Aan de Vliet óf Santana Strandoord te wen. Bepalings en voorwaardes geld.
  • Daar sal ook kwartaallikse wenners aangekondig word van pryse ter waarde van R5 000 (’n keuse tussen ’n tablet, ‘n Weber-braaier, ‘n Spar-geskenkbewys of ‘n takealot.com-geskenkbewys). Dié wenners is AfriForum-lede wat hulle inligting opgedateer en drie verwysings gegee het, waarvan ten minste twee verwysings in lidmaatskap gerealiseer het.