#OnsDorp-veldtog: Roodepoort-tak verwyder onwettige advertensies


Die AfriForum-tak in Roodepoort het op 1 Oktober 2018 in samewerking metM&P Recycling  onwettige advertensies, plakkate en pamflette wat die sigbaarheid van verkeers- en ander munisipale tekens belemmer in dié dorp verwyder.

Volgens Fanie Naude, voorsitter van AfriForum se Roodepoort-tak, word die voertuie en gereedskap wat hulle benodig gratis aan AfriForum voorsien en sal dit in die toekoms ook beskikbaar wees wanneer die projek weer uitgevoer word.

“Ons voel werklik hoopvol as ons sien hoe ondernemings in die gemeenskap betrokke raak en hul dienste beskikbaar stel om die #OnsDorp-veldtog ’n sukses te maak,” sê Dewet Ungerer, AfriForum se assistentkoördineerder vir Gauteng-Suid.

Besoek www.onsdorp.co.za om aan AfriForum ’n mandaat te gee om ’n positiewe verskil in jou gemeenskap te maak of om self betrokke te raak.

Soortgelyke plasings