|

#OnsDorp-veldtog: AfriForum se Witbank-tak rig verkeerstekens op

AfriForum se Witbank-tak het in November verskeie stoptekens in dié stad vervang en padtekens oorgeverf as deel van dié organisasie se #OnsDorp-veldtog. Sommige verkeerstekens was weg of nie meer duidelik sigbaar nie en die Witbank-tak het ingegryp om motoriste se veiligheid te verseker. Die tak gaan ook deur die loop van die maand nóg stoptekens oprig en slaggate herstel.

“Die plaaslike munisipaliteit versuim steeds om die nodige instandhoudingswerk aan Witbank se infrastruktuur te doen. AfriForum se Witbank-tak het besluit om dié projek aan te pak omdat ons glo dat hierdie projek tot ’n beter gemeenskap bydra,” sê Alfred Friess, AfriForum se Witbank-takvoorsitter.

Die tak nooi sakeondernemings en gemeenskapslede uit om by die projek betrokke te raak om Witbank ’n beter en veiliger stad te maak.

Stuur ’n e-pos na bronwen.pretorius@afriforum.co.za en sluit vandag nog by AfriForum se Witbank-tak aan.

Soortgelyke plasings