|

#OnsDorp-veldtog: AfriForum se Oudtshoorn-tak maak brûe oor Grobbelaarsrivier skoon

Die AfriForum-tak in Oudtshoorn-tak het op 25 Oktober 2019 die brûe oor die Grobbelaarsrivier en die omliggende gebied skoongemaak as deel van dié organisasie se Ons Dorp-veldtog.

Die takbestuur het omstreeks 08:00 saam met ’n aantal vrywilligers by die brug in Rademeyerstraat bymekaargekom. Tien mense het gehelp om rommel – heelwat uit die rivier – te verwyder.

“Ons is baie dankbaar vir die hulp en toewyding van die AfriForum-bestuurslede wat hierdie projek moontlik maak. Ons is opgewonde om te sien dat die inwoners van Oudtshoorn toenemend verantwoordelikheid vir ons dorp en sy welstand aanvaar. Ons gaan hierop voortbou,” sê Christo Cloete, ondervoorsitter van AfriForum se Oudtshoorn-tak.

“Só ’n aksie dien as voorbeeld vir gemeenskapstrukture om self aan die werk te spring vir ’n skoner, veiliger en volhoubare toekoms,” sê Johan Conradie, voorsitter van AfriForum se Oudtshoorn-tak.

Raak vandag nog by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke: SMS “Oudtshoorn” na 45342 (R1).

Soortgelyke plasings