|

#OnsDorp-veldtog: AfriForum se Germiston-tak begin massa-skoonmaakprojek

Die AfriForum-tak in Germiston het oorlog teen die vuil toestand van die dorp verklaar en op 18 November 2019 ’n massa-skoonmaakprojek in die Lambton-omgewing geloods. Dié aksie vorm deel van AfriForum se #OnsDorp-veldtog, wat daarop gemik is om probleme in dorpe self op te los. Tydens die aksie het die tak die hele Webberstraat getakel.

’n Kontrakteur het die gras gesny terwyl taklede vullis opgetel het. Tak- en gemeenskapslede het hulp verleen om bome te snoei, bossies te verwyder en vullis in die gebied op te tel. Tien bakkievragte is uit die area verwyder.

“Hoewel hierdie aksie nie ’n volhoubare oplossing vir die probleem is nie, is dit verblydend om te sien hoe mense in die straat stilgehou het om te vra hoe hulle betrokke kan raak of om bloot net hulle dank teenoor die taklede uit te spreek,” sê Elize Hern, voorsitter van AfriForum se Germiston-tak.

“Aksies soos hierdie dien as konkrete bewys dat gemeenskapstrukture hulself moet beywer vir ’n skoner, veiliger en volhoubare toekoms en self betrokke moet raak om probleme aktief op te los. Die gemeenskap word aangemoedig om betrokke te raak by dié tak se aksies,” sluit Hern af.

Raak by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke om ’n positiewe verskil in jou gemeenskap te maak.

Soortgelyke plasings