|

#OnsDorp-veldtog: AfriForum se Frankfort-tak knap begraafplaas op

AfriForum se Frankfort-tak het in Oktober en November 2019 die plaaslike begraafplaas opgeknap as deel van dié organisasie se #OnsDorp-veldtog. Die tak het aan die begin van die jaar ook die begraafplaas se gras gesny en vullis verwyder.

Die gras in die begraafplaas is weer mooi kort gesny, onkruid is verwyder en vullis is opgetel om seker te maak die begraafplaas is weer in ’n goeie toestand.

“Die tak doen uitstekende werk in Frankfort en ploeg baie terug in die gemeenskap. Dit is wonderlik om te sien watter groot verskil hulle in die gemeenskap maak,” sê Jp Nel, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoogland.

“AfriForum se Frankfort-tak het besluit om dié projek aan te pak omdat dit volhoubaar is én die beeld van die dorp verbeter,” sê Johan Ungerer, voorsitter van AfriForum se Frankfort-tak.

Die tak het vanjaar verskeie volhoubare projekte aangepak en beplan om in 2020 hiermee voort te gaan en ook ’n paar nuwe projekte aan te pak. Daarom nooi die tak die gemeenskap graag uit om meer by hierdie tipe aksies betrokke te raak. Stuur ’n e-pos na jp.nel@afriforum.co.za of SMS “Frankfort” na 31481 (R1).

Soortgelyke plasings