#OnsDorp-veldtog: AfriForum se Benoni-tak behartig instandhouding by tehuise

Die AfriForum-tak in Benoni het op 18 en 19 Oktober 2019 verskeie instandhoudingstake by die Pauline Davis en Deneys Conradie tehuise vir bejaardes aangepak. Dié aksie vorm deel van AfriForum se #OnsDorp-veldtog, wat daarop gemik is om probleme in dorpe sélf op te los. Die tak het heelwat ligte vervang, onwettige plakkate in die gebied verwyder en die omgewing rondom die tehuise skoongemaak.

Op Vrydag 18 Oktober 2019 het ’n span vrywilligers 48 gloeilampe by Pauline Davishof vervang. Misdadigers klim gereeld oor die tehuis se muur en steel die bejaardes se klere – daarom het die tak ’n 28-meter draad by die bestaande heining gespa

Die span het op 19 Oktober 2019 die Denys Conradie Residentia besoek waar verskeie gloeilampe vervang en die veld langs die tehuis skoongemaak is. Die tak het verder alle onwettige plakkate in die Western Extension-gebied in Northmead verwyder en die dag afgesluit deur almal wat gehelp het met boereworsrolle te bederf.

“Klein gebare soos hierdie beteken geweldig baie vir die gemeenskap en veral die bejaardes, wat die AfriForum-span met ope arms verwelkom het. Heelwat bejaardes is vanaand dankbaar om vir die eerste keer in ’n lang ruk veilig te kan slaap, met ligte en ’n heining wat werk,” sê Dean Ambrose, voorsitter van die omgewingsakeportefeulje van AfriForum se Benoni-tak.

 

“Hierdie is voorwaar ’n uitstekende voorbeeld van gemeenskapslede en organisasies wat self daad by die woord sit en proaktief optree om hulle dorpe skoner en veiliger te maak,” sê Marié Naudé, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Oos-Rand.

Dra by om jou dorp skoner en veiliger te maak: SMS “OnsDorp” na 45342 (R1).

Soortgelyke plasings