|

#OnsDorp: AfriForum se Vanderbijlpark-tak vul 2 100 slaggate

Die AfriForum-tak in Vanderbijlpark het op 12 Oktober 2019 ongeveer 2 100 slaggate in verskeie strate in die dorp gevul as deel van dié organisasie se #OnsDorp-veldtog. Hierdie aksie is in samewerking met nege motorfietsklubs, verskeie sakeondernemings en gemeen­skaps­lede aangepak om die paaie veiliger vir motoriste te maak.

Die Vanderbijlpark-tak het 35 ton teer aangekoop en die projek het ongeveer R90 000 beloop. Volgens gemeenskapslede was een van die slaggate ongeveer 2 m by 0,8 m groot.

“AfriForum se #OnsDorp-veldtog is begin om volhoubare projekte te identifiseer en aan te pak om ons gemeenskappe te verbeter. AfriForum se Vanderbijlpark-tak het beslis die spyker op die kop geslaan met hul slaggatvulprojek. Dit is die ware uitbeelding van wat ’n eenvoudige R50-bydrae per maand in ’n dorp kan beteken,” sê Dewet Ungerer, AfriForum se assistent­koördineerder vir die Wes-Rand.

“Ek wil graag die gemeenskapslede, sake-eienaars en die motorfietsklubs bedank vir hul harde werk en wil inwoners ook aanmoedig om by die tak betrokke te raak. As ons saamwerk, kan ons ’n groot verskil in Vanderbijlpark maak,” sê Butch Blignault, takvoorsitter van AfriForum se Vanderbijlpark-tak.

Sluit vandag nog by hierdie aktiewe tak aan: stuur ’n e-pos na afriforumvdb@gmail.com.

Soortgelyke plasings