Ons Dorp-veldtog: AfriForum se Benoni-tak verwyder ongemagtigde advertensieborde


As deel van AfriForum se Ons Dorp-veldtog het die organisasie se Benoni-tak, gemeenskapslede, die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), PHP Sekuriteit en Super Cops Sekuriteit op 2 Junie 2018 ’n groot aantal ongemagtigde advertensieborde van sowel lamppale as die pale van verkeerstekens in die dorp verwyder.
Tydens die aksie is drie bakkievragte vol advertensieborde verwyder wat by die vullisterrein in Northmead afgelaai is.

“Hierdie aksie dien as bewys dat gemeenskapstrukture self hul omgewings skoner en veiliger moet maak en nie bloot op munisipaliteite kan wag om dienste te lewer nie,” sê Marie Naude, AfriForum se distrikskoördineerder vir Gauteng-Suid.
“Hoewel hierdie aksie nie ’n volhoubare oplossing vir die probleem is nie, is dit steeds verblydend om te sien hoe verskeie strukture en gemeenskappe saamwerk om ’n verskil in hul dorp te maak,” sê Gerald Green, voorsitter van AfriForum se Benoni-tak.

Raak vandag nog by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke: SMS “Benoni” na 45342 (R1).

Soortgelyke plasings