|

Nuwe veeldoelige gemeenskapsentrum vir Vryheid

AfriForum en Solidariteit Helpende Hand se Vryheid-takke het vandeesweek hul eerste gesamentlike gemeenskapsentrum in dié dorp geopen. Die sentrum is die eerste van sy soort waarmee die instellings dienste aan die gemeenskap wil lewer.

Die takbesture van beide organisasies is aktief in die Vryheid-gemeenskap en volgens Albina Janse van Rensburg, ondervoorsitter van die dorp se Helpende Hand-tak, het daar ʼn behoefte ontstaan om kragte saam te snoer om ’n gemeenskapsentrum op die been te bring. “Ons droom vir die sentrum is om te sien dat dit groei en dat elke lid van die gemeenskap betrokke sal raak, hande sal vat en ons projekte ondersteun.”

Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, is die vestiging van hierdie gemeenskapsentrum ’n reusestap vorentoe vir die uitbreiding van ’n selfstandige gemeenskap in Vryheid. “Dit is ʼn baie goeie voorbeeld vir dorpe landwyd om te sê gemeenskappe is nie magteloos nie en dat hulle ʼn daadwerklike verskil kan maak.”

Soortgelyke plasings