|

Nuwe boek werp lig op SA se ryk monumente-erfenis

Boek

Die bewaring en beskerming van monumente in Suid-Afrika is ’n kwessie wat die burgerregte-organisasie AfriForum na aan die hart lê.

In dié boek is dit duidelik dat Grobler geen moeite ontsien het om by bekende en minder bekende monumente uit te kom nie. Dit vertel van groot geskiedkundige gebeurtenisse en keerpunte in die land se geskiedenis.

Grobler het onder meer gereis op die spoor van die Voortrekker Carel Trichardt deur Mpumalanga en in KwaZulu-Natal het hy die slagvelde van die Anglo-Zoeloeoorlog besoek. In die Vrystaat maak hy ’n draai by die oorblyfsels van twee konsentrasiekampe en in Limpopo kom hy op die Long Tom-oorlogskanon af. Hy werp ook meer lig op monumente wat opgerig is vir mense soos Nelson Mandela, Jan Smuts, Steve Biko en die Portugese ontdekkingsreisigers.

Die boek bevat ook kaarte van elke provinsie in die land en watter monumente waar te vind is.

Hierdie is sonder twyfel ’n boek wat byval sal vind by reisgeesdriftiges sowel as liefhebbers van geskiedenis en erfenis.

Die bekendstelling is Saterdag 8 Julie van 10:30 tot 12:00 by die gemeenskapsaal van die Renaissance Aftreeoord in Faerie Glen, Pretoria.

Belangstellendes wat dit wil bywoon, kan Elize bel by 082 413 3799.

 

 

 

 

Soortgelyke plasings