|

Nuwe boek vertel oor die “stryd agter die stryd” tydens die Anglo-Boereoorlog

“Die geskiedenis is soos ’n diamant, hy het ’n duisend verskillende kante en daar moet na alle kante gekyk word. Die geskiedenis van die Afrikaners is ook groter as net die geskiedenis van apartheid,” meen dr. Leopold Scholtz, historikus, joernalis en skrywer van Kraal Uitgewers se nuutste boek, In Bondgenote en dwarstrekkers: Die Transvaalse en Vrystaatse regerings in die Anglo-Boereoorlog, 1899-1902.

Toe die Anglo-Boereoorlog in 1899 uitbreek, was die wedersydse lojaliteit tussen Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR) en die Oranje-Vrystaat (OVS) groot en die verhoudings tussen die leiers was oor die algemeen baie hartlik. Maar hoe verder die oorlog gevorder het, hoe hewiger het die verskille tussen die bondgenote geword.

In dié nuwe boek laat val  Scholtz die kollig op die minder bekende “stryd agter die stryd” tydens die Anglo-Boereoorlog: die verskillende standpunte en oortuigings van die republikeinse leiers; botsende persoonlikhede en opbouende spanning.

Soortgelyke plasings