Nuutgestigte AfriForum-buurtwag help vermiste persoon opspoor

Die AfriForum-buurtwag in Krugersdorp het op 22 Januarie hul eerste sukses vir 2020 behaal. Die buurtwag het in samewerking met die SAPD, TTR24 en die Valke se mensehandel-afdeling kragte saamgespan om ’n vermiste meisie op te spoor.

“Dit is ’n reusesukses wat AfriForum in samewerking met ander rolspelers behaal het. Die Krugersdorp-buurtwag is op 21 Januarie gestig en ons is trots om te sien hoe ’n splinternuwe struktuur so gou reeds by die gemeenskap ingeskakel het,” sê Dewet Ungerer, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Wes-Rand.

Die meisie is op 16 Januarie 2020 as vermis aangemeld. Die bogenoemde rolspelers het dag en nag al die hulpbronne tot hul beskikking gebruik om haar uiteindelik op 22 Januarie 2020 in Durban op te spoor. Die meisie is ongedeerd.

Sluit vandag nog by AfriForum se Krugersdorp-buurtwag aan: SMS “Krugersdorp” na 45341 (R1).

Soortgelyke plasings