--> -->
Spyskaart +

Mediaverklarings

Bewaar die Nylsvley RAMSAR-vleiland, pleit AfriForum

Februarie 1, 2013 deur afriministrator

AfriForum het ʼn veldtog van stapel gestuur om mynbou en ander toekomstige ontwikkeling in die sensitiewe Nylsvley RAMSAR-vleilandgebied te beëindig nadat dit bekend geword het dat ‘n oopgroef-platinummyn in hierdie ongeskonde en internasionaal beskermde vleilandgebied ontwikkel gaan word. Volgens Julius … Continue reading

Klag deur randfigure teen hoof van AfriForum se ondersoekeenheid belaglik

Januarie 31, 2013 deur afriministrator

AfriForum neem nie die klag wat die Higher Education Transformation Network (HETN) gister teen die hoof van AfriForum se ondersoekeenheid, Nantes Kelder, gelê het ernstig op nie. AfriForum het intussen verklaar dat die HETN ʼn randfiguur-organisasie met weinig steun is … Continue reading

Mthethwa misken plaasmoordekrisis, sê AfriForum

Januarie 31, 2013 deur afriministrator

AfriForum het die minister van polisie, Nathi Mthethwa, daarvan beskuldig dat hy die krisisafmetings wat plaasmoorde in die land aanneem, misken en ongevoelig teenoor die slagoffers daarvan staan. Dié reaksie volg nadat Mthethwa vanoggend tydens ʼn ontbytsessie van The New … Continue reading

AfriForum ondersoek bruin drinkwater – Pretoria

Januarie 30, 2013 deur afriministrator

AfriForum het vandag monsters van drinkwater gestuur na ʼn laboratorium wat by SANAS geakkrediteer is, nadat klagtes oor bruin drinkwater in die noorde van Pretoria ontvang is. Volgens Julius Kleynhans, hoof van omgewingsake by AfriForum, het die Tshwane metroraad die … Continue reading

SA Weermag gooi naam weg

Januarie 25, 2013 deur afriministrator

AfriForum dring daarop aan dat die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag op ʼn boskamp gestuur word sodat hulle dissipline en morele waardes kan aanleer.