--> -->
Spyskaart +

Mediaverklarings

AfriForum stig tiende tak in Karoo

Mei 21, 2019 deur Hesti Steenkamp

Op Woensdag 15 Mei 2019 is AfriForum se Prieska-tak gestig – dié organisasie se tiende tak in die Karoo-omgewing. Tydens ’n vergadering vroeër vanjaar met Lize-Mari Smit, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Karoo, het gemeenskapslede hul behoefte aan ’n tak … Continue reading

AfriForum se noordstreek-buurtwagte neem aan nasionale patrollie deel

Mei 21, 2019 deur Carina Bester

AfriForum se noordstreek-buurtwagte (Gauteng, Limpopo en Mpumalanga) het op 17 Mei 2019 in samewerking met die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforums (GPF’s), gemeenskapslede, verskeie sekuriteits­maatskappye en veiligheidsinstansies AfriForum se nasionale patrollie in hul onderskeie gebiede uitgevoer. Dié aksie – om polisiëringsigbaarheid op te … Continue reading

AfriForum se Roodepoort-buurtwaglede verleen bystand by ongelukstoneel

Mei 21, 2019 deur Carina Bester

AfriForum se Roodepoort-buurtwag het op Donderdag 16 Mei 2019 bystand verleen ná ’n motorongeluk om 19:16 in Ontdekkersweg naby Beaconstraat plaasgevind het.

Geregtelike doodsondersoek na Kuga-oorledene: Ford-deskundige getuig

Mei 20, 2019 deur Hesti Steenkamp

John David Loud (’n Amerikaanse ingenieur), Ford se deskundige getuie, het vandag in die Wes-Kaapse hoë hof in die geregtelike doodsondersoek na Reshall Jimmy getuig. Volgens hom kon daar verskeie oorsake wees van die brand in die Ford Kuga waarin … Continue reading

Gauteng-aanlynskoleregistrasieplatform stel weer eens teleur

Mei 20, 2019 deur Carina Bester

Die burgerregtewaghond AfriForum verneem met teleurstelling dat die Gauteng-aanlynskoleregistrasieplatform vir gr. 1- en gr. 8-leerders vir die 2020-skooljaar weer eens nie foutloos funksioneer nie.