--> -->
Spyskaart +

Mediaverklarings

Misdaad in Velddrif daal met bykans 75%

Augustus 16, 2018 deur Natasha Venter

Sedert AfriForum se Velddrif-buurtwag in Junie vanjaar gestig is, het misdaad in dié gebied tussen 1 Julie en 14 Augustus met bykans 75% gedaal. Daar was in hierdie tyd ook geen huisbrake nie.

Lesufi se voorgestelde verandering aan skoolregulasies bring toekoms van Gauteng-skole in gedrang

Augustus 16, 2018 deur Marelie Greeff

AfriForum, die Skoleondersteuningsentrum (SOS) en Solidariteit het vandag tydens ’n mediakonferensie oor die voorgestelde wysigings aan die Gautengse skoolregulasies vir 2019 aangekondig dat dié organisasies van mening is dat die wysigings aan die regulasies moontlik teenstrydig met die Grondwet is … Continue reading

AfriForum se Vanderbijlpark-buurtwag blus vuur

Augustus 16, 2018 deur Natasha Venter

AfriForum se Vanderbijlpark-buurtwag het op 15 Augustus 2018 ’n brand in ’n elektriese verdeelkas in Vanderbijlpark SW5 geblus.

AfriForum-rehabilitasie van Vaalrivier goed op dreef

Augustus 15, 2018 deur Natasha Venter

Die besoedeling van die Vaalrivier – vanaf die rivier se oorsprong noord van Ermelo tot by die invloei daarvan in die Oranjerivier by Douglas – is ’n nasionale ramp. Om die rivier te help rehabiliteer, het AfriForum-takke die gemeenskappe in … Continue reading

Vryheid: AfriForum vra Openbare Beskermer om departement oor padonderhoud te ondersoek

Augustus 15, 2018 deur Marelie Greeff

AfriForum het in ’n skrywe versoek dat die Openbare Beskermer (OB) die kantore van die departement van vervoer in Vryheid ondersoek. Dié stap was noodsaaklik omdat die departement min tot geen instandhoudingswerk aan sy infrastruktuur­bates in sy area van jurisdiksie … Continue reading