--> -->
Spyskaart +

Mediaverklarings

AfriForum wil Haatspraakwetsontwerp in parlement teenstaan

Februarie 13, 2019 deur Hesti Steenkamp

  AfriForum het vandag tydens ’n konferensie aangekondig dat die burgerregte-organisasie ’n skriftelike betoog by die departement van justisie en grondwetlike ontwikkeling ingedien het teen die Wetsontwerp op die Voorkoming en Bestryding van Haatmisdade en -spraak (die Haatspraakwetsontwerp). AfriForum het … Continue reading

AfriForum se Frankfort-tak hou skoonmaakaksie

Februarie 13, 2019 deur Hesti Steenkamp

Die AfriForum-tak in Frankfort het op 9 Februarie 2019 ’n selfdoenaksie van stapel gestuur en dié dorp se strate opgeruim en skoongevee, asook munisipale asblikke leeggemaak. Voor hierdie aksie was die strate besaai met vullis, terwyl munisipale asblikke ook oorgeloop het.

AfriForum se Stilfontein-tak maak strate skoon

Februarie 12, 2019 deur Hesti Steenkamp

Die AfriForum-tak en buurtwag in Stilfontein het in samewerking met inwoners twee skoonmaakaksies op 8 en 10 en Februarie 2019 in dié dorp geloods.

AfriForum se Naboomspruit-tak doen sy deel vir padveiligheid

Februarie 12, 2019 deur Hesti Steenkamp

Die AfriForum-tak in Naboomspruit het 2019 met ’n slaggatprojek afgeskop ten einde padveiligheid in dié dorp op te skerp. Sedert die projek se aanvangs is meer as 194 slaggate reeds opgevul.

AfriForum se Kuruman-buurtwag oorhandig tweerigtingradio’s aan skole

Februarie 12, 2019 deur Hesti Steenkamp

Die AfriForum-buurtwag in Kuruman het vroeër vandeesmaand tweerigtingradio’s aan verskeie skole in dié dorp oorhandig.