Spyskaart +

Mediaverklarings

AfriForum skerp veiligheidsmaatreëls in Pretoria op tydens kragonderbrekings

Julie 19, 2018 deur Natasha Venter

Groot gedeeltes van Pretoria is die afgelope ruk sonder krag gelaat nadat die Wapadrand-substasie afgebrand het. Dit het tot ’n toename in misdaad gelei, wat AfriForum genoop het om veiligheidsmaatreëls in hierdie gebiede op te skerp.

Gerrie Nel vervolg Thandi Modise op aanklagte van dieremishandeling

Julie 19, 2018 deur Natasha Venter

AfriForum en die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) het vandag tydens ’n mediakonferensie aangekondig dat adv. Gerrie Nel, hoof van die burgerregte-organisasie se privaatvervolgingseenheid, Thandi Modise, voorsitter van die nasionale raad van provinsies, namens die NDBV privaat gaan vervolg.

Radikale groepe terroriseer Hermanus – AfriForum-buurtwag op bystand

Julie 18, 2018 deur Natasha Venter

Die Wes-Kaapse kusdorp Hermanus word die afgelope paar maande deur protesoptrede geteister. Optogte is aanvanklik ontketen deur ontevrede erfbewoners van Zwelihle aan wie die munisipaliteit sedert 1998 behuising beloof. Die krisis is opgelos nadat ’n ooreenkoms bereik is ná verskeie … Continue reading

AfriForum beteken PAIA-aansoek op departement van omgewingsake oor leeugeraamtes

Julie 18, 2018 deur Natasha Venter

Die burgerregte-organisasie AfriForum het vandag ’n aansoek ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting, 2000 (wet no. 2 van 2000) (PAIA) gebring om die departement van omgewingsake (DVO) te verplig om inligting bekend te maak oor die besluit … Continue reading

AfriForum verskaf hulp om blitspatrollie weer operasioneel te kry

Julie 17, 2018 deur Marelie Greeff

AfriForum Gemeenskapsveiligheid het hulp gebied aan lt. genl. Liziwe Ntshinga, provinsiale polisiekommissaris van die Oos-Kaap, nadat die plaaslike media berig het dat die Mdantsane-blitspatrollie nie oor ’n enkele operasionele voertuig beskik nie.