|

Noordstreek se moordsyfer vir afgelope twee jaar meer as 6 000

Bheki Cele, minister van polisie, het op 12 September 2019 die nasionale misdaadstatistieke vir die 2018/2019-boekjaar bekend gemaak. Luidens dié statistieke het die moordsyfer vir die noordstreek vir die genoemde tydperk toegeneem na 6 405 in vergelyking met 6 066 vir die 2017/2018-boekjaar.

Volgens Cele het die moordsyfer in Mpumalanga met 8% toegeneem, poging tot moord met 21,5%, roof met verswarende omstandighede met 4,9% en gewone roof het met 3,4% gestyg.

In Limpopo het moord met 0,3% gestyg terwyl gewone roof met 2,4% toegeneem het. Poging tot moord het met 5,7% en roof met verswarende omstandighede met 0,6% gedaal.

Terwyl moord in Gauteng met 6,2% toegeneem het, het poging tot moord in dié provinsie met 0,2% afgeneem. Roof met verswarende omstandighede het met 0,7% toegeneem, asook gewone roof met 4,6%.

Dit is kommerwekkend dat 6 405 moordsake – Mpumalanga (996), Limpopo (914) en Gauteng (4 495) – die afgelope finansiële jaar by die SAPD aangemeld is. AfriForum sal die noordstreek ’n fokusarea maak om veiligheidstrukture hier te vestig ten einde misdaad proaktief binne die raamwerk van die wet te bekamp.

“AfriForum het reeds in al die provinsies gevestigde veiligheidstrukture en wil graag ’n beroep op gemeenskapslede en ander veiligheidsinstansies doen om betrokke te raak om te help om misdaad hok te slaan,” sê Hillel Coetzer, AfriForum se veiligheidshoof vir die noordstreek.

Raak vandag nog by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke: SMS jou naam na 45353 (R1).

Soortgelyke plasings