Spyskaart +

Noodfonds

noodfonds-icon-afr
Maart 17, 2017 deur Admin

 

Die noodfonds is geskep om spesifiek boere in nood te help.

AfriForum in samewerking met ander nieregeringsorganisasies soos Caring Daisies, Buffelsfontein Baard-olie en Adam Tas het 37 ton voer afgelewer in Calvinia.

Sedert die begin van die veldtog het AfriForum reeds vir boere in nood oor Suid-Afrika heen:
• 17 vragmotors ingespan;
• 510 ton voer afgelewer;
• 76 ure en 16 minute spandeer; en
• en 8 194 km afgelê.

Die inisiatief het egter gegroei en die hele Solidariteit Beweging in samewerking met Water Shortage South Africa (WSSA), Caring Daisies en ander plaaslike goeddoeners uit die Noord-Kaap werk nou almal saam om verligting aan die Calvinia-distrik te bring.

Calvinia het ’n watertekort ná die Kareedam opgedroog het. Calvinia se watertafel sak drasties en die water wat uit die sewe munisipale boorgate verkry word, is brak en nie geskik vir menslike gebruik nie.

AfriForum in samewerking met Solidariteit, Solidariteit Helpende Hand, WSSA en Caring Daisies lewer op 3 April 2017 water en voer in Calvinia af.

Ons het egter die publiek se hulp nodig.

Hoe kan jy help?

Maak ’n skenking aan die noodfonds by:

Rekeningnaam: AfriForum NPC
Rekeningnommer: 62349898398
Taknaam: FNB Centurion
Takkode: 261550
Verwysing: NOOD

OF

Jy kan help om water in te samel. Lewer die water by die volgende versamelpunte af voor 31 Maart af:

 

DORP

 

 

KONTAKPERSOON

Bellville 18 du Toit Straat, Avondstil, Bellville, Solidariteit Gebou
Bellville (Kaap) Johandre Van Zyl 081 217 6499
Bloemfontein Pieta Myburg 072 642 0111
Bloemfontein 165 Generaal Brandstraat, Uitsig, Bloemfontein
Bloemhof Willem van Vuuren 082 322 4646
Bloemhof Bacon & Biltong Slaghuis
Delareyville Rassie Taljaard 083 305 4961
Delareyville Spar
Kathu Carel Reyneke 082 898 3060
Kathu AfriForum Buurtwag Kantoor
Kuruman Gerald Tonsing 083 423 5961
Kuruman 8 Fonteinstraat, Kuruman
Pretoria Kerksondermure in Centurion 012 663 2003

 

Pretoria Kerksondermure in Midstream 012 940 9480

 

Pretoria Kerksondermure in Centurion
Pretoria Kerksondermure in Midstream
Senekal Stefan Coetzee 082 386 7675
Senekal Nadia Grobler 071 371 2851
Senekal Paul Erasmus Hoërskool, Seunskoshuis. Willouby Visser Straat
Springbok Sarel Stone 082 895 0842
Vredendal (Kaap) Stokkies van Zyl 082 803 5486
Vredendal (Kaap) Sportsaal, Vredendal Suid
Vryburg Alta Swart 081 217 1627
Vryburg Kalahari Solar, Markstraat
Winburg Rika 073 295 4982
Winburg Rika

Indien jy water wil skenk, moet die volgende riglyne gevolg word: WSSA Waterwenke

 

In samewerking met:

solidariteit
caring-daisies
buffelsfontein-baard-olie
adam-tas
afriforum-jeug
wssa
ctrack
solidariteit-helpende-hand