Newcastle #Eiendomsbelasting

Hulle grap seker? Dis die eerste vraag wat jy jouself afvra as jy van Newcastle Munisipaliteit se voorgestelde belastingverhoging lees: Die gemiddelde verhoging in erfbelasting op residensiële eiendom is 28% en tot 64% op besigheids- of kommersiële eiendom!

Dié verhoging in erfbelasting is belaglik, om die minste te sê – dit is hoër as wat jy in ’n metropool sou betaal. Die verhoging, wat Julie in werking tree en vir die volgende vyf jaar geld, mag nie geïmplementeer word nie!

Help keer dat erfbelasting onregmatig verhoog word. Dit is nóú is dit jou kans om protes hierteen aan te teken. Genoeg is genoeg! Alle besware teen die waardasierol moet teen 12 April 2019 ingedien word. Deel daarom dié blad met jou vriende en familie. Versprei die woord, want almal het nóú ’n kans om hul sê te sê.

Só kan jy help keer dat die verhoging voortgaan:

  • Teken beswaar aan deur die vorm hieronder te voltooi. Jou petisie sal op rekord geplaas word.
  • Sluit by AfriForum se Newcastle-tak aan deur “Newcastle” na 45267 te SMS (R1), of https://afriforum.co.za/sluit-aan/ te besoek.

Jy kan ook jou beswaar aanteken teen die waardasierol direk op die munisipaliteit se webtuiste by https://eservicesapp.evaluations.co.za/newcastle/Index.aspx.

Kontak Eugene van Aswegen, AfriForum se koördineerder, as jy enige navrae het: eugene.vanaswegen@afriforum.co.za.

Staan op vir wat regverdig is: SMS jou naam na 45267 (R1) en sluit by AfriForum aan.

Soortgelyke plasings