Mynaktiwiteite aan die Oos-Kaapse kusgebied

Hou jy van ’n seevakansie of gee jy om vir ons kusgebied se natuurskoon? Jou gunstelingvakansieplek kan dalk een van die dae anders lyk as Total sy sin kry.

SLR Consulting doen namens die Total Brulpadda-projek aansoek om elf gate aan die kus tussen Cape St. Francis en Mosselbaai as eksplorasieputte te boor. Dié gebied is onontbeerlik vir die mariene biodiversiteit aan ons kuslyn, en daar is ’n beskermde mariene gebied net suid van die beoogde prospekteerarea. Registreer so gou moontlik as ’n belanghebbende en geaffekteerde party by Candice by csadan@slrconsulting.com. Indien moontlik, dien ook voor 21 Augustus 2020 kommentaar teen die aansoek in. Daar was ook op 16 Julie ’n virtuele vergadering gehou. Die konsepomvangsverslag is beskikbaar vir openbare insae op SKR Consulting se webtuiste by https://slrconsulting.com/za/slr-documents/tepsa11b12b.

AfriForum gaan saam met Treasure the Karoo Action Group (TKAG) kommentaar teen die beoogde mynaktiwiteite indien.

AfriForum staan al ’n geruime tyd beoogde mynaktiwiteite teen waar dit beduidende skade op die omgewing gaan veroorsaak. Lees meer hier:

https://afriforum.co.za/strafregtelike-klagte-ingedien-teen-maatskappy-wat-by-kruger-wil-myn/

https://afriforum.co.za/afriforum-kry-hofoorwinning-teen-hidrobreking-die-karoo/

Staan saam teen mynaktiwiteite aan die Oos-Kaapse kusgebied.

Soortgelyke plasings