--> -->
Spyskaart +

Munisipaliteit gesluit vir 3 maande, amptenare kry steeds salaris

Mei 30, 2014 deur Esmarie Prinsloo

AfriForum is besig met dringende regstappe teen die Tswaing Plaaslike Munisipaliteit ná berigte dat die munisipaliteit, wat veronderstel is om dienste aan Sannieshof in Noordwes te verskaf, se deure al vir 3 maande gesluit is.


Volgens Carmea Huysamen, AfriForum se provinsiale koördineerder vir die Noordwes, word geen dienste gelewer nie, maar die munisipale amptenare kry steeds hul salarisse.

“Dit is blatante wanbestuur. Munisipaliteite is kragtens die Grondwet verplig om dienste te lewer. Dit is onaanvaarbaar, omdat inwoners in die steek gelaat word. Dringende ingryping is nodig,” sê Huysamen.

Inwoners van Sannieshof word nou genoodsaak om na omliggende areas te ry ten einde basiese munisipale dienste te bekom.

AfriForum het regstappe gedoen om die situasie so spoedig moontlik op te los.

Raak betrokke by jou naaste AfriForum-tak. SMS jou dorp se naam na 45351. R1/SMS.