Spyskaart +

Mogale City-rekeninge – jou frustrasie?

Mogale-icon[1]
Junie 8, 2016 deur afriministrator

Die burgerregte-organisasie AfriForum se Krugersdorp-tak het onlangs veelvuldige oproepe en klagtes ontvang oor onakkurate/foutiewe water- en elektrisiteitsrekeninge wat deur Mogale City-munisipaliteit gelewer word. In die lig van die Ratepayers to confront municipality-koerantartikel in die Krugersdorp Nuus het Afriforum se Krugersdorp-tak die petisie begin om te sien hoeveel mense dieselfde probleme ervaar en om te bepaal hoe dié tak mense kan ondersteun. Rekeninge word nie meer in die pos ontvang nie, en kliënte moet dus op ’n SMS reageer of van die web gebruik maak om rekeninginligting te kry – wat boonop blyk nie altyd akkurate of opdateerde inligting bevat nie.

  1. Die meerderheid kliënte betaal die rekeninge sover hulle finansies dit toelaat, maar sekere rekeninge blyk heeltemal buitensporig te wees. Die munisipaliteite stuur dan aanmanings aan die kliënt. Indien die rekening nie betaal word nie, word die krag eenvoudig gesny, wat weer aanleiding gee tot ’n heraansluitingsfooi indien die krag weer gekoppel moet word. Kliënte sukkel dus met kontantvloei terwyl die rekening deur Mogale City gekorrigeer word (in die geval van rekeninge wat wel buitensporig gehef is).
  2. Ander kliënte ervaar weer die frustrasie van rekeninge wat wel vereffen is, maar betalings nie geallokeer word nie. Dit lei dan tot ’n maandelikse aanmaning, wat weer lei tot kragonderbrekings omdat die kliënt nie vinnig genoeg reageer nie – dit wil sê kliënte moet so gou moontlik die betalingsbewys weer aan Mogale City voorlê. Indien die krag wel gesny word, is ’n heraansluitingsfooi ook van toepassing. Die fooi word nooit teruggeskryf as daar bewys word dat die fout aan Mogale City se kant is nie.
  3. Heraansluitingsfooie – sekere kliënte mag moontlik hulle frustrasie in punt 1 of 2 uitsorteer, naamlik dat rekeninge korrek gehef en betalings korrek geallokeer word. Hul heraansluitingsfooie word egter nooit teruggeskryf nie. Dit is gevalle waar die rekening foutief gehef is deur middel van buitensporige lesings of ongeallokeerde betalings.

Indien jy met dié frustrasie sit, nooi ons jou graag om die petisie te ondersteun en ons die mandaat te gee om vir jou burgerregte te veg!

Voltooi asseblief:

  • Bepalings en voorwaardes geld.