|

Merensky-hoof gesels oor positiewe impak van Ankerdorppadskou-veldtog

Plaaslike besighede, skole én vrywilligers het vandeesmaand moue opgerol en tydens AfriForum se Ankerdorppadskou in Tzaneen verskeie projekte aangepak om die dorp te verbeter én in die proses hoop te skep. In dié video gesels Magnus Steyn, hoof van Hoërskool Merensky, oor die opknappingswerk wat die organisasie by die skool verrig het, asook die sukses van die eerste Dink of Sink- uitdunrondte in die Verre-Noorde, wat by dié spogskool aangebied is.

Soortgelyke plasings