|

Mense gee meer om oor hoe Pretoria lyk as die stad se naam

Daar is baie belangriker dinge wat eers reggeruk moet word as om te wonder of Pretoria se naam verander moet word.

Só het Solly Msimanga, burgermeester van die Tshwane-metroraad, in Forum Films se program Konteks tydens ’n onderhoud met Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, gesê.

Msimanga het dit duidelik gemaak dat ’n naamsverandering vir Pretoria nie die belangrikste prioriteit is die. “Mense gee meer om hoe die stad lyk as wat dit genoem word. Daar is baie belangriker kwessies waarop gefokus moet word om Pretoria in ’n wêreldklasstad te omskep.”

Volgens Msimanga is die DA-beheerde metroraad se uitgangspunt dat geleenthede geskep moet word sodat mense se lewensgehalte verbeter kan word. “Ons wil die skip omdraai en verseker dat belastingbetalers se geld beter aangewend word.”

Hy het gesê daar is geweldig baie uitdagings gegewe die feit dat die DA ’n bankrot munisipaliteit geërf het waarvan die skuldlas meer as R2 miljard beloop.

Die volledige onderhoud waarin Msimanga meer oor sy regruk-planne uitwei, sal binnekort op Forum Films se sosiale media beskikbaar wees.

Soortgelyke plasings