Ledevoordele
AfriForum-lidmaatskap bied jou ook die volgende nuttige voordele:

Kommunikasiemiddele


AfriForum-noodknoppie
Laai die AfriForum-noodknoppietoep op jou slimfoon af. Soek vir AfriForum-noodknoppie in die Google Play- (Android) en App Store- (Apple) toepwinkels.
Maak die toep oop en registreer.
Die toep beskik oor noodalarms wat AfriForum-lede gratis in ’n noodsituasie kan aktiveer, nl.:
- paniek
- medies
- brand
Vir die toep om effektief te funksioneer moet jy:
- data op jou slimfoon hê; en
- jou slimfoon se liggingsdienste aanskakel.
Indien jy uit data hardloop, kan jy in ’n noodsituasie die noodnommer skakel: 087 711 5911.
Toepondersteuning tydens kantoorure (Ma. – Do. 07:30 tot 16:00
en Vr. 07:30 – 14:30):diens@afriforum.co.za
Toepondersteuning na-ure en naweke: 086 10 200 30 druk 1


AfriForum vir jóú! (Ledevoordele nuusbrief)
’n Elektroniese nuusbrief wat AfriForum-voordelegebeure dek. Dit word een keer per maand aan lede gestuur. Laat weet AfriForum dadelik by diens@afriforum.co.za of 086 10 200 30 wanneer jou e-posadres verander.


Forum Tydskrif
Forum Tydskrif is propvol nuus oor die organisasie se burgerregteprojekte, -veldtogte en -aksies. Dis ’n ledetydskrif wat daarop gemik is om lede op verskillende terreine en oor allerlei gebeure ingelig te hou, maar ook te laat saampraat en saamdink.
Ledevoordele promosies






