| |

Meer as 100 buurtwaglede ontvang Nehemia-opleiding

AfriForum het op 9 Novemeber 2019 Projek Nehemia-opleiding aan buurtwaglede van die Groter Pretoria-omgewing aangebied. Lede van buurtwagte in Brits, Rustenburg, Fochville en Benoni het ook dié opleiding bygewoon. Projek Nehemia is ’n strategie teen geweldsmisdaad.

Die Groter Pretoria-buurtwagte en die Projek Nehemia-bevelgroep het tydens die opleiding verskeie veiligheidsmodules behandel, met die doel om misdaad in hul onderskeie omgewings te bekamp en gemeenskapslede te ondersteun en weerbaar te maak. Die modules het  gebiedsbeskerming, regsaspekte, die bedryf van inligting en patrollieopleiding ingesluit.

“Ons moet self verantwoordelikheid vir ons gemeenskappe se veiligheid aanvaar en misdaad proaktief bekamp – en dit is presies wat Projek Nehemia aanmoedig. Opleiding is ’n belangrike komponent van verskerpte gemeenskapintelligensieprojekte en ons beplan om dit verder in Pretoria uit te brei,” sê Jaco Grobbelaar, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria.

 

“Ons moedig gemeenskappe aan om by veiligheidsinstellings betrokke te raak en hul eie veiligheid te prioritiseer. Opleiding in verskillende vakgebiede kan gemeenskappe beter in staat stel om binne die raamwerk van die wet op te tree en hul gemeenskappe weerbaar te maak. Samewerking is die sleutel tot sukses,” sê Hillel Coetzer, AfriForum se veiligheidshoof vir die noordstreek.

Raak vandag nog by jou plaaslike AfriForum-buurtwag betrokke: SMS “Buurtwag” na 45341 (R1).

Soortgelyke plasings