Massapatrollie in Roodepoort se getalle neem toe


AfriForum se Roodepoort-tak het op 21 Junie 2019 sy maandelikse massamisdaadvoorkomingspatrollie gehou.

Dié patrollie is gehou in samewerking met die volgende rolspelers: ER24, die gemeenskapspolisiëringsforums in Honeydew, Sophiatown, Albertville, Fairlands en FNQB, BCI Security, APCAN Security, National Security, Tau Security, SRT Security, EC Security, Scpsl Security, CCJ Security, Delta Tactical, Emergency Control SA en ICE Community Policing.
Altesaam 107 lede het aan hierdie massapatrollie deelgeneem en die komende maande se patrollies beloof om selfs nog meer deelnemers te hê sodat die gemeenskap suksesvol beveilig kan word. Geen ernstige voorvalle is tydens die patrollie aangemeld nie.

“Misdaadvoorkomingspatrollies soos dié kan slegs suksesvol wees as die hele gemeenskap hul kant bring. Dit is ’n voorreg om te kan sê dat dit wel hier in Roodepoort die geval is,” sê Dewet Ungerer, AfriForum se assistentkoördineerder vir die Wes-Rand.

Raak vandag nog by AfriForum se Roodepoort-tak betrokke: SMS “Roodepoort” na 45341 (R1).

Soortgelyke plasings