Spyskaart +

Maand van selfstandigheid

iconset
Augustus 15, 2016 deur afriministrator

 

AfriForum se Maand van Selfstandigheid-veldtog

Waarom selfdoen?

Staatsverval in Suid-Afrika neem in só ‘n mate toe dat gemeenskappe geen ander keuse het as om self die vermoë te skep om ’n beter toekoms te bou nie. Gemeenskappe regoor die land is besig om moue op te rol en self verantwoordelikheid vir hul woonbuurte te neem.

Probleme word nie opgelos deur daaroor te praat nie, maar deur iets daadwerkliks daaraan te doen. Daarom loods AfriForum in Oktober 2016 sy Maand van Selfstandigheid-veldtog wat spesifiek op padveiligheid gaan fokus en waartydens nagenoeg 100 AfriForum-gemeenskapstrukture paaie in hul onderskeie dorpe gaan opknap.

Gemeenskapslede gaan tydens die veldtog self stoptekens oprig, spoedhobbels, padtekens en sypaadjies verf, asook katogies aanbring. In dorpe waar munisipaliteite van die probleme bewus is, maar nie aan’n oplossing werk nie, sal AfriForum die nodige stappe neem om die onkostes van hulle te verhaal.

Dit is nie volhoubaar om net in die pad van verdere agteruitgang te staan nie; ons moet ook bou aan ʼn pad van vooruitgang.

Bou saam met AfriForum-takke aan ʼn volhoubare toekoms vir alle gemeenskappe in Suid-Afrika.

#Selfdoen is beter as niksdoen!

AfriForum se Maand van Selfstandigheid-veldtog in Oktober fokus op padveiligheid in dorpe oor die hele land. Kyk gerus die video waar ons gesels met kenners op die gebied oor die Grondwet, internasionale suksesse en die toekoms van Afrikaners in Suid-Afrika

Gemeenskappe regoor die land het hande gevat om stoptekens op te rig en voetoorgange en spoedhobbels te verf. Meer as 3 300 km is afgelê, 55 stoptekens is opgerig en meer as 4 100 meter se strepe is geverf in Gauteng tydens die eerste week van die veldtog. Klik hier en lees verder.

 Klik hier vir foto’s van die werk wat gedoen word regoor die land.

Ons gesels met kenners oor selfstandigheid:

  • Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum: “Selfdoen is beter as niksdoen”. Klik hier om te lees.
  • Professor Danie Goosen: “Selfstandigheid en geluk”. Klik hier om te lees.
  • Dr. Dirk Hermann: “Die politiek van self – lesse uit Suid-Tirool. Klik hier om te lees.
  • Prof. Koos Malan: “Afrikaners is ‘n gemeenskap”. Klik hier om te lees.

Moet ons JOU dorp ook besoek? SMS jou dorp se naam na 45344 (R1).