Maand van Selfstandigheid: Kuruman maak dorp skoon en Kammieskroon pak vuil boorgate


 
As deel van die burgerregte-organisasie se Maand van Selfstandigheid-veldtog het AfriForum se Kuruman-tak gedurende die afgelope twee weke begin om die dorp skoon te maak en eerste oop stukke veld wat onwettig as stortingsterreine gebruik word, getakel. So ook het die AfriForum-tak in Kammieskroon twee boorgate laat skoonmaak ná probleme met watertoevoer ontstaan het.

Volgens Gideon van der Lil, voorsitter van die Kammieskroon-tak, is slegs een van die dorp se vyf boorgate in volle werking. “AfriForum het ’n kontrakteur aangestel om die boorgate te ondersoek, waarna twee skoongemaak is om die watertoevoerprobleem te verlig.”
Pieter Serfontein, voorsitter van die Kuruman-tak, sê dat dit ons plig as gemeenskap is om te sorg dat daar ’n veilige en skoon ruimte geskep word vir die inwoners van ons dorpe. “Daar waar die munisipaliteit versuim om sy plig na te kom, sal ons as gemeenskap inspring.”

Die Kuruman-tak het ook begin om straatligte in gedeeltes van die dorp te vervang. Dit is ’n tydsame proses aangesien dit gratis deur Tienie Marx van Zolkrag vir AfriForum gedoen word; hy sorteer ook terselfdertyd kragprobleme uit wat by straatligte ontstaan. Die Ga-Segonyana Plaaslike Munisipaliteit het ook onderneem om te help sodra hulle hul nuwe kersieplukkers ontvang het.
Om by takprojekte betrokke te raak, kan jy ’n e-pos stuur aan gonda@afriforum.co.za of ’n SMS met die woord “Selfdoen” stuur na 32532 (R1). SMS “Kammieskroon” na 32532 (R1) om dié aksie te ondersteun.

Soortgelyke plasings