Maand van Selfstandigheid: AfriForum maak Rustenburg-begraafplaas skoon

 

Die plaaslike AfriForum-tak in Rustenburg het die afgelope naweek fase twee van hul skoonmaakprojek by die plaaslike begraafplaas in Nelson Mandelarylaan uitgevoer as deel van die burgerregtewaghond se nasionale Maand van Selfstandigheid-veldtog, wat aan die begin van Oktober van stapel gestuur is. Fase een is op 9 September 2017 tydens die organisasie se Rus in Vrede-veldtog, wat spesifiek op die instandhouding van begraafplase gefokus het, voltooi.

“Die munisipaliteit versuim hul plig om die begraafplaas in stand en veilig te hou. Dit terrein is al ’n geruime tyd in ’n haglike toestand en deur selfdoenaksies soos hierdie probeer AfriForum in samewerking met die gemeenskap ’n wesenlike verskil maak,” sê Oosthuizen.

Volgens Tiaan Oosthuizen, AfriForum se distrikskoördineerder vir Noordwes, het dié aksie ten doel om die begraafplaas weer toeganklik vir inwoners te maak.

“Inisiatiewe soos dié skep hoop in ’n gemeenskap en is ’n voorbeeld van hoe selfstandigheid deur gemeenskapslede bewerkstellig kan word,” sê Chris Trytsman, voorsitter van AfriForum se Rustenburg-tak.

 

Soortgelyke plasings