|

Lees Forum Tydskrif nou ook aanlyn

AfriForum se tydskrif, Forum, is in die pos vir die burgerregte-organisasie se meer as 150 000 lede. Dit is egter ook nou aanlyn beskikbaar vir lede wat verkies om dit so te lees.

Al wat jy moet doen, is om by www.forumtydskrif.co.za in te teken en te registreer.

Die tydskrif, met die tema Selfdoen is beter as niksdoen, is propvol insiggewende artikels oor waarmee AfriForum die afgelope maande doenig was en waar sukses behaal is om Afrikaners se lewens te verbeter.

Daar is onder meer nuus oor veldtogte en aksies deur AfriForum Jeug wat daarop gemik wag om geweld op kampusse hok te slaan asook wat die organisasie gedoen het om bewusmaking oor plaasmoorde plaaslik en internasionaal te verskerp.

Lede kan ook lees wat AfriForum gedoen het vir die behoud van Afrikaans in skole en universiteite. Dié proses sal vroeg volgende jaar voortgesit word met ’n omvattende projek om Afrikaanse skole te red en ’n einde te bring aan die minagting wat Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, vir moedertaalonderrig het. (#lesufimoetval).

Forum-lesers kan ook meer lees oor die doen en late van die akteur Hykie Berg wat nou betrokke is by AfriForum se Hou God in Skole-veldtog. In ’n openhartige onderhoud deel hy sy ervaring oor die vele lewensstorms en dwelmhel waardeur hy is voordat hy met ’n lewe van hoop begin het.

Daar is ook talle ander artikels oor wat lede kan doen om meer by hul gemeenskappe betrokke te raak ten einde ’n beter toekoms vir hulself te skep.

Die volgende Forum verskyn in Maart.

 

Soortgelyke plasings