Laeveld-buurtwagte neem aan nasionale patrollie deel


AfriForum se buurt- en plaaswagte in die Laeveld het op Vrydag 8 Maart 2019 aan dié burgerregte-organisasie se nasionale patrollie deelgeneem.

Die patrollie vorm deel van ’n inisiatief wat landwyd deur AfriForum van stapel gestuur word om samewerking tussen strukture en ander organisasies te verbeter.
Tydens dié patrollies word hoësigbaarheidsaksies saam met die polisie en verskeie ander rolspelers soos privaat sekuriteitinstellings, ander organisasies en buurtwagte gedryf. Hierdie dien ook as ’n uitstekende inisiatief om kommuniskasievermoë te toets en te verbeter.
Ongeveer 70 patrolleerders het meer as 1 600 km in Lydenburg, Machadodorp, Middelburg, Nelspruit en Witrivier afgelê. Sommige patrolleerders het te voet gepatrolleer, terwyl voertuie in dieselfde gebied gepatrolleer het.

“Dit is verblydend om te sien dat gemeenskappe inspring en help om die stryd aan te pak om misdaad te bekamp,” sê Hennie Bekker, distrikskoördineerder vir die Laeveld.
“Ons skakel deurlopend met die buurtwagte om organisatoriese vermoë tydens dié aksies te help verbeter. Dit berei lede voor indien ernstige voorvalle plaasvind en stel hulle in staat om behoorlik beheer van die situasie te neem,” sê Hillel Coetzer, AfriForum se streekshoof vir gemeenskapsveiligheid in die Noordstreek.

Sluit by jou naaste buurtwag aan: SMS “Buurtwag” na 45350 (R1).

Soortgelyke plasings