|

Kyk (Video): AfriForum ruk Vereeniging reg met afsluiting van Maand van Selfstandigheid

 

AfriForum het ter afsluiting van sy Maand van Selfstandigheid-veldtog Vereeniging besoek en moue opgerol om ʼn massa skoonmaakaksie in dié dorp uit te voer.

Tydens dié veldtog, wat in Oktober van stapel gestuur is, is duisende kilometers afgelê om paaie te herstel, verwyderde stoptekens te vervang en voetoorgange en spoedhobbels te verf.

Die Maand van Selfstandigheid spruit voort uit AfriForum se 10 Dae van Selfstandigheid-veldtog wat verlede jaar gehou is.

Tydens dié veldtog is sowat 200 selfdoen-aksies binne tien dae uitgevoer. AfriForum het ook in September vanjaar ’n veiligheidsoudit op munisipale paaie gedoen. Dié oudit het bevind dat sommige paaie nie aan die minimumvereistes voldoen wat in toepaslike wetgewing en regulasies uiteengesit word nie.

Lees meer oor die Maand van Selfstandigheid in die Desember-uitgawe van Forum Tydskrif.

Soortgelyke plasings