|

Kyk nou uit vir jou Forum Tydskrif!

Die staat van inperking en die krisis rondom die Covid-pandemie het tot gevolg gehad dat AfriForum-lede nie hul tydskrif ontvang het nie al was dit reeds in Maart gedruk.

Die verligting na vlak 4 het meegebring dat die tydskrif nou wel tuis by lede afgelewer word of in die pos is.

In dié uitgawe van Forum, wat saamgestel is voordat enigiemand nog die werklike omvang van die pandemie besef het, het ons reeds geskryf oor ’n omvattende aksieplan wat AfriForum en die Solidariteit Beweging aangekondig het om die geweldige impak van die krisis te help verlig. Sedertdien het die burgerregte-organisasie en die Beweging nasionaal aksies en projekte aangepak om armoede, maatskaplike nood en hongersnood te verlig. Tonne voedsel is reeds by behoeftige gesinne en gemeenskappe afgelaai en handreiningers en maskers is by onder meer ouetehuise versprei om die kwesbaarste van die kwesbares te help beskerm.

AfriForum se gemeenskapsveiligheidstrukture, wat buurt- en plaaswagte insluit, is ook toegerus en bemagtig om tydens die krisis in te gryp indien onrus of noodsituasies sou ontstaan. ’n Gebeurlikheidsplan is ook verfyn om gemeenskappe in nood by te staan.

Die koronavirus het ongekende uitdagings vir almal in die land teweeg gebring. Ondanks dit het die ANC-regering egter deur drakoniese en selfs belaglike inperkingsmaatreëls gou gewys dat die belange van gewone burgers nie voorop gestel word nie. Regulasies rondom Covid-hulp aan klein sakeondernemings en rondom die verspreiding van voedsel het ook gewys dat die regering ondanks nood en lyding besluite op rasgronde neem. Dit het AfriForum en Solidariteit ook genoop om met regsaksies teen die staat te begin.

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, meen minderheidsgroepe is in die lig van die regering se optrede én die vernietigende impak van die pandemie, nou meer as ooit gedwing om na mekaar en hulself om te sien. “As die regering ons gaan nie gaan help nie, het ons geen ander keuse as om mekaar en onsself te help nie.”

Deur Forum Tydskrif word AfriForum-lede gereeld oor al die aksies, projekte en veldtogte van die organisasie ingelig. As jy nog nie lid van AfriForum is nie, kan jy aansluit deur jou naam na 32077 te SMS.

Soortgelyke plasings