KwaZulu-Natalse AfriForum-strukture neem aan nasionale patrollie deel


AfriForum se veiligheidstrukture in Pongola en Paulpietersburg het in samewerking met talle ander veiligheidsinstansies in Port Edward, Munster, Palm Beach, Leisure Bay, Trafalgar, Marina Beach, Southbroom, Ramsgate, Margate, Manaba, Uvongo, St. Michaels, Shelly Beach, Oslo Beach, Port Shepstone, Umtentweni, South Port, Hibberdene, Mtwalume, Sea Park, Ifafa Beach, Banana Beach, Anerley, Sunwich Port, Pumula, Woodgrange, Vryheid, Utrecht, Winterton, Magudu en die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) op 4 Augustus 2017 aan die burgerregtewaghond se nasionale massapatrollie deelgeneem.
Etlike kilometers is in die onderskeie dorpe afgelê waar patrollies plaasgevind het, terwyl altesaam 398 patrolleerders in 237 voertuie verskeie insidente suksesvol hanteer het.

“Ons het puik ondersteuning vanaf die SAPD op provinsiale en stasievlak gekry. Sommige polisiestasies het AfriForum selfs gekontak om uit te vind waar en met wie hulle kan kontak maak vir hul spesifieke bevelsgebied om deel te neem,” sê Eugene van Aswegen, AfriForum se provinsiale koördineerder vir KwaZulu-Natal.

AfriForum wil elke lid, die SAPD en elke privaat instansie vir hulle deelname aan die nasionale massapatrollie bedank.

Soortgelyke plasings